Sunday, July 04, 2004

Mexico Mannewales

Ons kuier tans by vriende in Toluca, Mexico.
scott, mx, annette en tim bo-op 'n berg - kyk net die uitsig!
'n Mexico heeeeel anders as wat ek my voorgestel het. My vorige blootstelling aan Mexico was die warm, plat woestynagtige land met toeris vertrapte scuba oases aan die kus. Maar hier in die middel van sambrero-land is ons op groen berge 3035m bo seevlak, kry ons soms koud (in die middel van die Somer) en herinner die argitektuur my aan Europa.

Hierdie katerdraal is in die 17e eeu gebou en het deur die jare 12 grade begin leun...gedurende die laaste 8 jaar het hulle die gebou weer regop getrek dmv kabels! "Ongelooflik wat ingenieurs kan doen," sĂȘ Pa altyd.

Donderdag het ons piramides gaan klim,




op 'n berg met ruines, malinalco, mexico

Vrydag 'n vulkaan gaan verken

tim wys vir scott die krater van die vulkaan



in 'n grasveld oppad teen die vulkaanberg op

en gister het ons die chaotiese verkeer in Mexico City (2e grootste stad in die wereld) gaan trotseer om 'n kunsmark te besoek.


Die sogenaamde Meksikaanse kos wat ons in Amerika kry is toe glad nie so meksikaans nie... hier neem die woord taco'n heel ander smaak aan, drink hulle waarlik kaktus sap en is murgpampoentjie blommetjies 'n lekkerny... so ook maag, breinsop en hoenderpootjies- en koppe.

Tog herinner die plek my baie aan Suid-Afrika...
(ou) vollas oral te sien, straat handelaar(tjies) wat enigiets van suigstokkies tot tandeborsels verkoop, plakkerskamp-agtige woningbuurte wat meksikaanse kastele omsingel, Magnum roomys en bougainvillea!

Daar is wel 2 dinge wat hier BAIE erger is as in SA... die verkeer en die gemors. 'n Wit lyn, stippel lyn, stop straat, rooi lig het hier geen waarde nie. Verkeerspolisie is op elke hoek en lamppaal te sien, maar al wat hulle doen is staan-staan-staan. Nou en dan blaas-blaas-blaas hulle die skril fluitjies. En dis dit. Rommel - veral plastiek - vorm 'n erewag langs meeste van die snelwe"e en dryf soos skole dooie visse op riviere afval water...

Maar ons kuier vreeslik lekker saam met ons vriende en siende dat hulle alreeds 8 jaar hier sendelinge is, geniet ons die voorreg om die ware Mekiskaanse kultuur te ervaar ipv die "toeriste" kultuur!


'n klippies straat in die dorpie, malinalco

'n kerkmuur in die dorpie, metepec

1 comment:

  1. Mooi blog en met knappe foto's!
    Doe zo voort

    ReplyDelete

Make my day: add to my therapy with your words:-)