Wednesday, August 31, 2005

Zoeloes en Boesmans in Amerika

As Afrika nou maar eenmaal in jou gene is, kry jy dit nie maklik uit nie. Nou die dag pak nostalgie my beet en ek luister na (en sing uitbundig) Leon Schuster se Hie’ kommie Bokke. Toe ek my o”e uitvee is daar ‘n Zoeloe Impi aan’t Zoeloedans op my sitkamer mat! Sonder waarskuwing of aanmoediging het Devan begin “hoekachaka…hoes…ma’ waas ‘ie manne”- met van paste bewegings en die lot. Ietwat geskok en sopnat gelag was ek wel. Toe ek hom vra of hy ‘n bok is, was die antwoord ‘n besliste nee. ‘n Manne? Nee. ‘n Zoeloe Impi? Jaaaaa! Nou is sy gunsteling uitgelate kreet: Zoeloe Impi! – veral as Neels te naby kom.

Maar Afrika het sy gene selfs dieper in die Murphys geplant. Vandag toe Devan weer sirkels om (en bo-oor) Neelsie hardloop, staan ons kleinste mannetjie skielik fronsend penorent, steek sy vingertjie na die Zoeloe Impi toe uit en trek weg met ‘n volboed boesmanse klik-klak-klok-tjok-tjok van die tong. Na ‘n paar “sinne” het hy sy s^e ges^e en bepaal hy sy aandag toe weer by eie sake – vroetel tevrede met ‘n houtbakkie wat toe skielik gans te veel na ‘n kalbassie lyk… en daar lig hy dit sluk-sluk na sy lippe!

Ja-nee wat. Afrika is voorwaar hier om te bly…

Nou verbeel ek my… of… staan hulle ma se boude dan wrintie waar meer boesman as wat sy aanvanklik gedink het? ;-)



die zoeloe impi doen sy hoekachaka-hoes oorlogsdans


die klein boesman vertel vir die zoeloe impi presies net wat hy van sy danse dink

No comments:

Post a Comment

Make my day: add to my therapy with your words:-)