Maar Afrika het sy gene selfs dieper in die Murphys geplant. Vandag toe Devan weer sirkels om (en bo-oor) Neelsie hardloop, staan ons kleinste mannetjie skielik fronsend penorent, steek sy vingertjie na die Zoeloe Impi toe uit en trek weg met ‘n volboed boesmanse klik-klak-klok-tjok-tjok van die tong. Na ‘n paar “sinne” het hy sy s^e ges^e en bepaal hy sy aandag toe weer by eie sake – vroetel tevrede met ‘n houtbakkie wat toe skielik gans te veel na ‘n kalbassie lyk… en daar lig hy dit sluk-sluk na sy lippe!
Ja-nee wat. Afrika is voorwaar hier om te bly…
Nou verbeel ek my… of… staan hulle ma se boude dan wrintie waar meer boesman as wat sy aanvanklik gedink het? ;-)
die zoeloe impi doen sy hoekachaka-hoes oorlogsdans
die klein boesman vertel vir die zoeloe impi presies net wat hy van sy danse dink
No comments:
Post a Comment
Make my day: add to my therapy with your words:-)