Wednesday, April 22, 2009

Die seuntjies sê...


Devan is amper 6. Met die ouderdom gaan die geheue ook:
Devan: My geh…geh… my brein se batterye is pap. Neelsie, jou brein se batterye werk goed vandag! Dis seker omdat jy so jonk is!”

Hier in Amerika is daar verassings om elke draai:
Neelsie: “Sjoe maar daardie hoenderhaan brul darem hard!”




Dinge moet darem sin maak.
Neelsie: Mamma, ek het ‘n vraag oor die posboks.
Ek: Bedoel jy die posBUS?
Neelsie: Nee, ek bedoel die posBOKS. Die een waarin ons briewe kry.
Ek: Ja, ons noem dit die posBUS.
Neelsie: Dit kan nie wees nie! Hy het dan nie wiele nie!


Elke aand wanneer hy in die bed inkruip gee Pieter sy kombersie aan en vra:

“Sal Mamma my asseblief opmaak?”










Martin sê nie veel nie, maar hy geniet darem die eende se kos!

No comments:

Post a Comment

Make my day: add to my therapy with your words:-)