Saturday, February 19, 2005

Toemaar, Mamma!

Siende dat ons nou 'n vlerkie-lose engeltjie in die huis het (lees vorig inskrywing:"the dog did it"), volg dit dat die mannetjie dus van tyd tot tyd om 'n bietjie dissipliene smeek. Ons het 'n hele ritueel waardeur ons gaan voor "Die Lepel" sy werk doen. Eers verduidelik ek aan hom wat gehoorsaamheid is, dat God in sy Woord s^e dat kinders aan hulle ouers gehoorsaam moet wees en dat ouers aan God gehoorsaam moet wees. God s^e vir ons hierdie dinge omdat Hy ons gemaak het en ons baie lief het en daarom weet Hy dat ons gelukkiger sal wees as ons aan Hom gehoorsaam is. Dan maak ek seker hy verstaan wat hy verkeerd gedoen het vertel hom hoeveel houe die oortreding verdien. Ons vra om vergewing, bid en deel drukkies en soentjies uit in blydskap oor die vergewing wat ons in Jesus ontvang. Die hele aff^ere neem 'n rukkie en Devan is al goed bekend met die verloop van sake.

So 'n paar weke gelede het 'n heel ander toneel hom egter afgespeel. Die ontvlerkte engeltjie "vra" weer op 'n dag vir bietjie lepelliefde. Ek begin ons ritueel toe met die gewone :"Mamma is jammer dat sy jou moet pak gee Devan, ek is retig jammer, maar..." En net daar slaan die skuldige sy pokkelarmpies met mening om my nek, klop-klop met sy handjie op my rug en s^e met empatie en opregtheid: "Toemaar, Mamma! Toemaar Mamma!" Nodeloos om te s^e, so tussen my lag en trane deur is die ritueel net daar kortgeknip en ontwapen. As dit nie vir die oorblywende bewysstukke van die "misdaad" was nie, het ek sowaar net daar sy vlerkies vir hom teruggeggee!!

No comments:

Post a Comment

Make my day: add to my therapy with your words:-)